30 Oktober 2020
CPI SA vra publiek Wees-Kersvader-vir-‘n-Kind hierdie Kersseisoen
Kersfees is om die draai en jy het die geleentheid om ‘n kinderhart gelukkig te maak deur ‘n spesiale Kersgeskenkpakkie aan ‘n pleegkind of kind in ‘n versorgingshuis te gee. CPI SA besef dat COVID-19 ’n blywende uitwerking op ons kinders gaan hê. Kersfees 2020 gaan beslis ook baie anders wees as vorige jare en daarom is dit belangrik dat elke kind vanjaar soveel te meer spesiaal en geliefd sal voel op Kersdag. Ons kan nie toelaat dat COVID-19 ook ons kinders se Kersfees en Kersvreugde wegneem nie.
CPI SA wil graag vir 295 kinders elkeen ‘n spesiale Kersgeskenkie gee en vra die publiek om hul harte oop te maak deur by die “Wees-Kersvader-vir-‘n-Kind” veldtog betrokke te raak. Jy kan moeiteloos ‘n verskil aan die kinders wie dit die nodigste het, se lewens maak:
- Gee ‘n klein geskenkpakkie toegedraai in eenvoudige bruinpapier, met ’n briefie toegevou, wat sê “Kinder-liefie, vandag dink iemand ook aan jou…” of enige bemoedigende boodskap wat ‘n kind se hart van vreugde sal laat straal en hul weer spesiaal sal laat voel.
- Elke geskenkpakkie moet asb. een klein pakkie koekies van jou keuse insluit.
- Geskenkies mag nie meer as R100 kos nie.
Wat kan jy in die geskenkpakkie insluit?
1. Bemoedigende briefie
2. Enige pakkie koekies van jou keuse
3. Ondersteuner se keuse van die volgende items:
– Skryfbehoeftes
– Toiletware (Tieners)
– Dagboek (Tieners)
– Karretjies
– Poppies
– Haarstrikkies
– Mooi hempie
– Kort broekie; en/of
– Inkleurboeke
4. Geskenkpakkie moet asb. in eenvoudige bruinpapier toegedraai word en nie meer as R100 kos nie.
Waar kan jy jou geskenkpakkie aflewer?
Kontak die volgende persone om die nodige reëlings te tref:
Gauteng (Pretoria) – Dinah Bronkhorst: 072 126 1158
Vrystaat (Bloemfontein) – Sulene Odendaal: 081 588 8510
Wes-Kaap (Kaapstad) – Melani Lategan: 084 517 2438
Geskenkpakkies kan ook by Centurion Teater afgelaai word:
123 Amkor Weg
Lyttelton
Centurion
Kontak vir Susan of Marlene by 012 664 8710 / 072 245 4390
Intercape busdienste sal ook help om geskenkpakkies te vervoer. Kontak Dinah Bronkhorst vir meer inligting: 072 126 1158
Voltooi die vorm op ons webtuiste om ‘n kind te kies aan wie jy ‘n geskenk wil gee:
Spertyd om geskenkpakkies af te lewer: 10 Desember 2020.
Die publiek kan dan ‘n foto van hul geskenkpakkie (wanneer toegedraai) op sosiale media plaas en hulle sosiale media vriende en volgelinge uitdaag om dieselfde te doen en sodoende CPI SA se Wees-Kersvader-vir-‘n-Kind veldtog ondersteun deur gebruik te maak van die hutsmerke: #WeesKersvaderVirNKind #BeSantaToSomeone.
Vir media navrae kontak:
Dinah Bronkhorst – Uitvoerende Hoof: CPI SA
Sel: 072 126 1158