Wees-Kersvader-vir-‘n-Kind

Kersfees is om die draai en jy het die geleentheid om ‘n kinderhart gelukkig te maak deur ‘n spesiale kersgeskenkpakkie aan ‘n pleegkind of kind in ‘n versorgingshuis te gee. CPI SA besef dat COVID-19 ’n blywende uitwerking op ons kinders gaan hê. Kersfees 2020 gaan beslis ook baie anders wees as vorige jare en daarom is dit belangrik dat elke kind vanjaar soveel te meer spesiaal en geliefd sal voel op Kersdag. Ons kan nie toelaat dat COVID-19 ook ons kinders se Kersfees en Kersvreugde wegneem nie.

CPI SA vra die publiek om ’n stukkie van hul hart te gee deur by die Wees-Kersvader-vir-‘n-Kind veldtog betrokke te raak. Jy kan moeiteloos ‘n verskil aan die kinders wie dit die nodigste het, se lewens maak:

Wat kan jy in die geskenkpakkie insluit?

1.       Bemoedigende briefie;
2.       Enige pakkie koekies van jou keuse;
3.       Jou keuse van die volgende items:
–         Skryfbehoeftes;
–         Toiletware (Tieners);
–         Dagboek  (Tieners);
–         Karretjies;
–         Poppies;
–         Haarstrikkies;
–         Mooi hempie;
–         Kort broekie; en of
–         Inkleurboeke.
4.       Geskenkpakkie moet asb. in eenvoudige bruinpapier toegedraai word en nie meer as R100 kos nie.

Waar kan jy jou geskenkpakkie aflewer?

Kontak die volgende persone om die nodige reëlings te tref:
Gauteng (Pretoria) – Dinah Bronkhorst: 072 126 1158
Vrystaat (Bloemfontein) – Sulene Odendaal: 081 588 8510
Wes-Kaap (Kaapstad) – Melani Lategan: 084 517 2438

Geskenkpakkies kan ook by Centurion Teater afgelaai word:
123 Amkor Weg, Lyttelton, Centurion
Kontak vir Susan of Marlene by 012 664 8710 / 072 245 4390

Intercape busdienste sal ook help om geskenkpakkies te vervoer.
Kontak Dinah Bronkhorst vir meer inligting: 072 126 1158

Spertyd om geskenkpakkies af te lewer: 10 Desember 2020

Voltooi die vorm op ons webtuiste om ‘n kind te kies aan wie jy ‘n geskenk wil gee.