Opwindende dinge het in Februarie afgeskop vir Care Protect Invest South Africa (CPI SA). Ons het ‘n aanlyn winkel gestig op Facebook waar ons items wat aan ons geskenk word weer kan verkoop. Ons Facebook aanlyn bladsy se naam is Second Chance (https://www.facebook.com/secondchancecpisa). Volg ons gerus vir winskopies en skatte uit ‘n vergete era.
Die naam van ons winkel “Tweede Kanse” is baie gepas omdat dit nie net vir weggooigoed ‘n tweede kans gee nie, maar dit befonds ook ons pleeghuise. Pleeghuise waar ons vir kinders ‘n tweede kans gee. Waar ons vir hulle die geleentheid bied om in te skakel by ‘n funksionele tuiste. Ons glo dat dat binne hierdie tuistes kinders weer kan mens word.
Hoe werk dit?
Dit is so maklik soos een, twee, drie!
Een: Besluit wat jy wil skenk, skenkings sluit enige items in meubels, huisraad, goeie kwaliteit klere, gebruikte baba-items, handsakke ens.
Twee: Kontak vir Lean Jacobs by 078 120 5812 per whatsapp en laat weet hom jy het items om te skenk. Hulle kom haal dit tot by jou werk of huis. Second Chance werk in die Fourways omgewing, en items sal sover as Johannesburg en Pretoria opgelaai kan word.
Drie: Nadat die weggooigoed opgelaai is, word ‘n prysberaming gedoen, en items word dan op ons aanlyn Facebook winkel adverteer. Elke sent wat hierdeur ingesamel word, word teruggeploeg in ons pleeghuise. Jou ongebruikte, weggooigoed maak dus ‘n wesenlike verskil in die lewens van weerlose kinders!
Kontak hulle sommer vandag nog en raak ontslae van jou opgaar-goed! Lean Jacobs 078 120 5812
Sometimes all you need is a second chance, because time wasn’t ready for the first one. – Anonymous