CPI SA vra Suid-Afrikaners om die veiligheid van alle vroue en kinders te verseker ná 16 Dae van Aktivisme Teen Geen Geweld Teen Vroue en Kinders-veldtog

9 Desember 2020

Care Protect Invest South Africa (CPI SA) doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan met die stryd teen vroue-en kindermishandeling nadat die 16 Dae van Aktivisme Teen Geen Geweld Teen Vroue en Kinders-veldtog more tot ‘n einde kom. Dié veldtog is ‘n inisiatief van die Verenigde Nasies wat jaarliks ​​vanaf 25 November (Internasionale Dag van Geen Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag) plaasvind. Ander belangrike herdenkingsdae tydens hierdie tydperk sluit Wêreld VIGS-dag op 1 Desember en Internasionale Dag vir Mense met Gestremdhede op 3 Desember in.

“Ongelukkig sal geweld teen vroue en kinders nie tot ‘n einde kom ná die 16 Dae van Aktivisme-veldtog nie,” sê Dinah Bronkhorst, die uitvoerende hoof van CPI SA. “Dit is ons verantwoordelikheid om te verseker dat alle vroue en kinders in ons samelewing met die nodige respek en liefde wat hulle toekom, behandel word.”

Wees ‘n aktivis teen geslagsgebaseerde geweld in jou huis, gemeenskap en werksplek. Jy kan ‘n verskil maak deur kulture en praktyke uit te daag wat geslagsongelykhede en gevolglike mishandeling van vroue en kinders op persoonlike en maatskaplike vlak laat voortduur. Ons verantwoordelikhede behels die volgende:

  • Verwerp misbruikers en meld hulle aan – tree op en moenie wegkyk nie!
  • Moenie misbruikers beskerm nie, rapporteer hulle!
  • Daag kulturele praktyke uit wat die ongelykhede tussen geslagte bevorder.
  • Wees sensitief en ondersteunend teenoor slagoffers van geslagsgebaseerde geweld – deel nuttige inligting en ondersteun veldtogte wat vroue-en kinderregte bevorder.
  • Leer kinders die waardes van geslagsgelykheid.
  • Beskerm kinders teen blootstelling aan geweld en skadelike inhoud op die internet en sosiale media, insluitend pornografie en die werwing van kinders vir seksuele voorbereiding.
  • Ontwikkel ‘n beleid wat geslagsgeweld in jou gemeenskap, omgewing en werksplekke voorkom en reg hanteer.
  • Organiseer geteikende gemeenskapsuitreike en begin noodsaaklike gesprekke wat geslagsgelykheid sal bevorder.

CPI SA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat betrokke is by die opheffing van gemeenskappe deur inisiatiewe soos voedselverspreiding, pleeghuise, dagsorgsentrums en versorgingstehuise. CPI SA beskerm weerlose persone deur kinderhowe kinder-vriendelik te maak, en berading en trauma-ondersteuning vir mishandelde kinders, asook voedingsprogramme aan te bied. Die innoverende ingryping bevorder onderwys en maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. Besoek gerus https://cpi-sa.org.za/donate/ om te kyk waar jy ‘n verskil kan maak.

Vir media navrae kontak: 

Dinah Bronkhorst – Uitvoerende Hoof: Care Protect Invest South Africa

Sel: 072 126 1158 

- More articles -

Foster Care Club

Inspired by World Foster Care Month celebrated in November, CPI SA in 2019 launched a Foster Care Club supporting South African Foster parents. The club serves as a connection to bring foster parents together.

Parents can send their:

  • Questions;
  • Messages; or
  • Thoughts and struggles to CPI SA.

We will reach out offering help.

Alternatively send us an e-mail: cpisacommunication@gmail.com

Bags of Mercy Initiative

South Africa has one of the highest rates of violence against women (GBV). The Bags of Mercy Initiative mobilises women to become an invisible friend to an abused woman by gifting a handbag – old or new – filled with things that can make her rediscover her self-worth.

Abuse against women usually takes place behind closed doors:
Hard words where no-one else can hear.
Blows where no-one can see it.

Make a difference, sign up for our monthly newsletter.

PROTECT

  • Bursary programmes granting children a prosperous future.
  • Counselling & Trauma support for sexually abused children.
  • Community Homes to support needy children/teens (Grade 1 to 12).
  • Skills Development programmes to combat unemployment: Soft skills, Handy work, Trade.
  • Development programmes: Financial Management, Safety and Emotional Intelligence.
  • Training Environment programmes: Arthur Project, K9 Watchdog.
  • Transforming SA Children’s Courts to Child friendly environments.

CARE

By means of our Foster Homes, Day Care Centres, FAS Caring Homes and Underprivileged Family Feeding programmes we offer individuals a safe place to live, learn and thrive. Please support our caring initiatives and feeding schemes.

INVEST

CPI SA’s innovative interventions are designed to promote education, social and economic development. Thanks to the loyal support of individuals and companies we create opportunities for underprivileged people to rise above their circumstances by offering:

  • Study funds, Study Loans and Bursaries.
  • Education and Training.
  • Housing and viable community projects.

Let us help you to build and grow your Social Responsibility portfolio effortlessly! Learn how to optimally apply your annual social budget to benefit both your community and your company.