Internasionale Kinderdag: CPI SA vra regering om te verseker dat elke kind in SA toegang het tot basiese kinderregte soos uiteengesit in Artikel 28

Care Protect Invest South Africa (CPI SA) vra die regering om te verseker dat alle kinders beskerm word en toegang het tot basiese kinderregte soos uiteengesit in Artikel 28 van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Dié nie-winsgewende organisasie vier Internasionale Kinderdag op 20 November en hoop om bewustheid te skep van kinderregte, kinders se vryheid, hul omstandighede en bowenal om die geluk van elke kind in Suid-Afrika te bevorder.

Internasionale Kinderdag bied ‘n opvoedkundige geleentheid wat poog om alle kinders van regoor die land te ondersteun en te verseker dat hulle versorg, liefgehê en beskerm word. Dit is ons plig om in ons kinders en hul toekoms te belê. Ons doen ‘n beroep op die regering om die nodige maatreëls te implementer om te verseker dat alle kinders se regte regoor die land beskerm word. Artikel 28 van die Suid-Afrikaanse Grondwet dien as ‘n belangrike maatstaf vir die beskerming van kinders in Suid-Afrika.

Dit behels die volgende:

(1) Elke kind het die reg–

(a) op ʼn naam en nasionaliteit vanaf geboorte;

(b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die

kind uit die gesinsomgewing weggeneem word;

(c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike

dienste;

(d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te

word;

(e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word;

(f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie

wat–

(i) onvanpas is vir ʼn persoon van daardie kind se ouderdom; of

(ii) ʼn risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestesgesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou;

(g) om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in welke geval,

benewens die regte wat ʼn kind kragtens Artikels 12 en 35 geniet, die kind slegs

vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om–

(i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou

te word; en

(ii) op ʼn wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word,

wat met die kind se ouderdom rekening hou;

(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ʼn

regspraktisyn voorsien te word indien wesenlike onreg andersins sou geskied;

en

(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van

gewapende stryd beskerm te word.

(2) ʼn Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.

(3) In hierdie artikel beteken “kind” iemand onder die ouderdom van 18 jaar.

“Ongelukkig is daar te veel kinders in Suid-Afrika wat nog steeds nie toegang het tot basiese regte nie. Daarom doen CPI SA ‘n beroep op die regering om taakspanne aan te stel om te versker dat alle kinders toegang het tot hul basiese regte soos uiteengesit in die Grondwet en om die nodige stappe te implementeer om ons kinders te beskerm,” sê die uitvoerende hoof van CPI SA, Dinah Bronkhorst.

“As ek terugdink aan my kinderdae – dink ek met groot dankbaarheid aan braaivleis, gebraaide hoender en pampoen op Sondae. Aansit by die eetkamertafel en my pa wat saggies bid. Ek onthou dae van buite speel met ons poppe – maar meer as dit, onthou ek die wonderlike gevoel van sorgvryheid en oorvloed lag. Dit is vir CPISA ongelooflik hartseer dat soveel kinders in ons land nie die voorreg het om sorgvry te leef nie. Hulle klein wêreldjies is meestal gevul met vrees, onsekerheid en pyn.  CPI SA poog om vir elke kind, ongeag wie en wat hulle is, ’n lewe van skaterlag, speel en liefde te bied,” beklemtoon Bronkhorst.

CPI SA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat betrokke is by die opheffing van gemeenskappe deur inisiatiewe soos voedselverspreiding, pleeghuise, dagsorgsentrums en versorgingstehuise. CPI SA beskerm weerlose persone deur kinderhowe kinder-vriendelik te maak, en berading en trauma-ondersteuning vir mishandelde kinders, asook voedingsprogramme aan te bied. Die innoverende ingryping bevorder onderwys en maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. Besoek gerus https://cpi-sa.org.za/donate/ om te kyk waar jy ‘n verskil kan maak.

As deel van CPI SA se poging om bewustheid oor kinderregte in Suid-Afrika te skep, vra ons die publiek om die woord SMILE na 40112 te SMS om R20 aan CPI SA te skenk. Hierdie donasie sal ‘n groot verskil maak in die lewens van die kinders in ons pleeghuise en versorgingshuise.

*Elke SMS kos R20 en termes en voorwaardes geld.

Vir media navrae kontak: 

Dinah Bronkhorst – Uitvoerende Hoof: Care Protect Invest South Africa

Sel: 072 126 1158 

- More articles -

Foster Care Club

Inspired by World Foster Care Month celebrated in November, CPI SA in 2019 launched a Foster Care Club supporting South African Foster parents. The club serves as a connection to bring foster parents together.

Parents can send their:

  • Questions;
  • Messages; or
  • Thoughts and struggles to CPI SA.

We will reach out offering help.

Alternatively send us an e-mail: cpisacommunication@gmail.com

Bags of Mercy Initiative

South Africa has one of the highest rates of violence against women (GBV). The Bags of Mercy Initiative mobilises women to become an invisible friend to an abused woman by gifting a handbag – old or new – filled with things that can make her rediscover her self-worth.

Abuse against women usually takes place behind closed doors:
Hard words where no-one else can hear.
Blows where no-one can see it.

Make a difference, sign up for our monthly newsletter.

PROTECT

  • Bursary programmes granting children a prosperous future.
  • Counselling & Trauma support for sexually abused children.
  • Community Homes to support needy children/teens (Grade 1 to 12).
  • Skills Development programmes to combat unemployment: Soft skills, Handy work, Trade.
  • Development programmes: Financial Management, Safety and Emotional Intelligence.
  • Training Environment programmes: Arthur Project, K9 Watchdog.
  • Transforming SA Children’s Courts to Child friendly environments.

CARE

By means of our Foster Homes, Day Care Centres, FAS Caring Homes and Underprivileged Family Feeding programmes we offer individuals a safe place to live, learn and thrive. Please support our caring initiatives and feeding schemes.

INVEST

CPI SA’s innovative interventions are designed to promote education, social and economic development. Thanks to the loyal support of individuals and companies we create opportunities for underprivileged people to rise above their circumstances by offering:

  • Study funds, Study Loans and Bursaries.
  • Education and Training.
  • Housing and viable community projects.

Let us help you to build and grow your Social Responsibility portfolio effortlessly! Learn how to optimally apply your annual social budget to benefit both your community and your company.