Na aanleiding van die artikel oor ons Genadesak Projek in die Distrikspos, het ‘n wonderlike engel van die gemeenskap ons gekontak en aangebied om ons projek in verskeie Shell – Spar Express winkels in die Wes-Kaap te bemark. Ons is so dankbaar vir hierdie onbaatsugtige geleentheid!
Wanneer jy en jou gesin weer by ’n Shell vulstasie stilhou, en jy gou inhardloop om ‘n koeldrank of eetding te gryp, koop gerus ook ‘n item of gee daardie mooi handsak wat jy nie meer gebruik nie, ook daar af.
Ons is dankbaar vir Diva’s in die gemeenskap! Elkeen van julle is vir ons kosbaar. Ons sien jou, en waardeer jou! Die vrou wat wag vir haar SASSA betaling ‘sodat sy darem ook ‘n sepie of iets in haar handsak kan sit om te skenk’ – dit maak mens erg nederig.
Ondersteun gerus hierdie wonderlike projek. Stuur ‘n e-pos aan melani@cpisa.org.za