Wanneer laas het jy eenvoudig gaan sit, daar waar jy is, jou oë gesluit en geluister? Hoe maak ons die geraas in ons, om ons, en oor ons stil? Ons luister so graag na die stem binne ons wat soms ons grootste vyand is, en na die wêreld daar buite se menings en voorskrifte. Die kritiek en oordeel van ander kry lewe binne ons en groei in ons harte. Die geraas is soms al wat ons hoor. Ons soek God se stem oral, lees op, vat hier, los daar en spartel om net te oorleef. Ons jaag een sonsopkoms met nog ‘n sonsondergang.
My wens vir jou liewe mens is, raak stil, haal asem en luister, want God is met jou. Sy liefde omring jou, Sy genade vloei oor jou en jy ontvang Sy seën. Mag stilte, vrede en hoop by jou kom tuis raak, mag jy Sy stem hoor, want Hy luister. ❤️