Image

Genadesak Projek

Harde woorde waar ander nie kan hoor nie, houe waar niemand dit kan sien nie, ‘n selfbeeld wat nie meer bestaan nie. ‘n Onsigbare vrou.
In Suid-Afrika leef duisende vroue daagliks in vrees vir die volgende hou en die volgende woord. Hulle kan nie vlug nie, want hulle het niks.
Met die Genadesakke Projek word vroue aangemoedig om ‘n onsigbare vriendin te word vir ‘n onsigbare vrou deur handsakke – oud of nuut – te skenk wat gevul is met enigiets wat ‘n mishandelde vrou se lewe kan vergemaklik wanneer sy uiteindelik ontsnap.
Gedurende Vrouemaand nooi CPI SA namens Corlea en Mamilla Fashion en in samewerking met Project Brave Heart, vroue om deel te neem aan die Onsigbare Vrou kompetisie waarin GENADESAKKE ingesamel en versprei sal word.
Die kompetisie sluit op 31 Oktober 2020.

Pryse op die spel:
  • Pryse ter waarde van R10 000
  • ‘n Wegbreek naweek vir twee, ter waarde van R6 000, dit sluit ’n braai met bykosse geborg deur CPISA in;
  • ‘n Geskenkpak ter waarde van R500;
  • Corlea CD’s;
  • ‘n Styl- en Glans-analise van Mamilla Fashions ter waarde van R2 500
  • Milady’s Geskenkbewys ter waarde van R500 en
  • Leesstof ter waarde van R500.
[contact-form-7 id=”589″ title=”Kompitisie vorm”]
Ander maniere om betrokke te raak:

Help meer as een onsigbare vriendin deur maandeliks R50 by te dra

Maak ‘n eenmalige bydrae

  • Bank: FNB | Rekeningnommer: 62814783967 | Rekening tipe: Besigheids rekening | Tak: Centurion | Kode: 0210759 | Swift Kode: FIRNZAJJ

Donasies

  • Handsakke, produkte, klere

Funksies


Vrywaring

Kontakbesonderhede: 012 111 8039 / [email protected] / https://cpi-sa.org.za/

*Met die invul van u besonderhede hierbo stem u daartoe in dat, CPI SA u telefonies mag kontak. CPI SA bewaar en beskerm alle persoonlike data soos in die betrokke wetgewing omskryf en sal slegs u data aanwend vir die spesifieke doel soos hierin uiteengesit. ImpactNOW 'n sake-vennoot en operateur van CPI SA mag moontlik met u telefonies in verbinding tree om aan u CPI SA se standpunt, oogmerke en doelwitte te beskryf en verduidelik, asook lidmaatskap opsies en voordele aan u beskikbaar te stel. Indien die die skakel klik om die vorm in te stuur onderneem u dat u vrywillig en sonder dwang tot die bogenoemde instem en dat die persoonlike data wat u ingevul het korrek en akkuraat is soos op die datum van u submissie. Dankie vir u ondersteuning met hierdie belangrike saak.