Die bose kringloop van armoede wanvoeding

Goeie voeding is nie net belangrik vir goeie geestelike en fisiese gesondheid nie maar word ook as een van die vernaamste maniere gesien om die siklus van armoede te verbreek

Daar is talle voordele daaraan verbonde om ʼn voedsame dieet te eet. Dit sluit onder meer in om energie aan jou liggaam te verskaf, gewigsbestuur, beskerming teen chroniese siektes, versterking van die immuunstelsel en om voortydige veroudering te voorkom.

Die gebrek aan goeie voeding het dramatiese gevolge, veral onder kinders. Dit het onder meer ondervoeding en wanvoeding tot gevolg. Ondervoeding lei daartoe dat kinders honger is, ondergewig is en belemmerde groei beleef terwyl wanvoeding tot tekorte aan mikrovoedingstowwe of vetsug kan lei.

Vetsug in kinders is gewoonlik die gevolg van verkeerde eetgewoontes maar daar kan ook mediese en emosionele redes wees. Vetsug in kinders kan op die korttermyn lei tot kardiovaskulêre probleme en infeksies. Op die langtermyn kan dit ook tot diabetes en ander metaboliese afwykings lei. Dit het dikwels ook emosionele en sosiale probleme tot gevolg.

Goeie voeding stel kinders in staat om te groei en te ontwikkel terwyl ondervoeding kinders van hul toekoms en selfs hul lewens kan beroof. Belemmerde groei kan tot gevolg hê dat kinders nooit hul volle potensiaal kan bereik nie aangesien dit hul fisiese groei kan demper en ook kan veroorsaak dat hul brein nie tot sy volle kognitiewe potensiaal ontwikkel nie. 

Care Protect Invest SA glo ’n vol magie voed soveel meer as net ‘n honger kind. ‘n Vol magie beteken iemand sorg, iemand gee om en ek kan soos my maatjies vandag konsentreer in die klas. Die tekort aan mikrovoedingstowwe dra by tot verswakte liggaamsfunksie. Dit verhoed kinders om te kan leer en akademies te kan floreer terwyl volwassenes nie in hul werk kan presteer nie. Belemmerde groei kan tot gevolg hê dat ʼn kind nooit sy of haar volle groeipotensiaal ontwikkel nie en kan tot gevolg hê dat hul voortydig sterf.

Goeie voeding sal tot gevolg hê dat kinders meer fisiese aktiwiteite kan geniet en hul fisieke gesondheid verbeter om hul teen infeksie en siekte te beskerm. Dit sal hul egter ook help om hul geestelike ontwikkelingspotensiaal en opvoedkundige kapasiteit te bereik.

Dit is om die rede dat goeie voeding gesien word as een van die vernaamste maniere om die siklus van armoede te verbreek. Navorsing wys daarop dat mense wat nie goeie voeding inkry nie, nie onkundig is oor wat hulle moet eet nie maar dat dit eerder ʼn kwessie is van toegang tot bekostigbare gesonde kos.

’n Kind se basiese behoeftes is eenvoudig. Liefde, ’n warm bedjie en ’n bordjie kos. By Care Protect Invest skep ons saam met elke bord kos hoop vir ’n kind wat swaarkry. Begrotingsbeperkings het tot gevolg dat mense eerder minder spandeer op die hoeveelheid kos en die kwaliteit van kos wat gekoop word. In die geval word daar eerder kos gekoop wat vullend is as kos wat die nodige voedingstowwe bevat. Die gebrek aan goeie voeding hou volgens navorsing direk verband met swak inkomstepotensiaal en armoede later in die lewe sowel as gedrag en emosionele probleme.

- More articles -

Foster Care Club

Inspired by World Foster Care Month celebrated in November, CPI-SA in 2019 launched a Foster Care Club supporting South African Foster parents. The club serves as a connection to bring foster parents together.

Parents can send their:

  • Questions;
  • Messages; or
  • Thoughts and struggles to CPI-SA.

We will reach out offering help.

Alternatively send us an e-mail: cpisacommunication@gmail.com

Bags of Mercy Initiative

South Africa has one of the highest rates of violence against women (GBV). The Bags of Mercy Initiative mobilises women to become an invisible friend to an abused woman by gifting a handbag – old or new – filled with things that can make her rediscover her self-worth.

Abuse against women usually takes place behind closed doors:
Hard words where no-one else can hear.
Blows where no-one can see it.

Make a difference, sign up for our monthly newsletter.

Be a Santa to someone Project

Each Christmas we strive to surprise the children at our foster care homes and caring facilities with a special gift. CPI-SA asks the public to give a little piece of their heart by getting involved in the annual “Be-Santa-To-Someone” project. This way you can easily warm a child’s heart and put a cheer into an unfortunate child’s Christmas stocking.

More information will follow closer to Christmas. Please subscribe to our newsletter to stay in the loop!

PROTECT

  • Bursary programmes granting children a prosperous future.
  • Counselling & Trauma support for sexually abused children.
  • Community Homes to support needy children/teens (Grade 1 to 12).
  • Skills Development programmes to combat unemployment: Soft skills, Handy work, Trade.
  • Development programmes: Financial Management, Safety and Emotional Intelligence.
  • Training Environment programmes: Arthur Project, K9 Watchdog.
  • Transforming SA Children’s Courts to Child friendly environments.

CARE

By means of our Foster Homes, Day Care Centres, FAS Caring Homes and Underprivileged Family Feeding programmes we offer individuals a safe place to live, learn and thrive. Please support our caring initiatives and feeding schemes.

INVEST

CPI-SA’s innovative interventions are designed to promote education, social and economic development. Thanks to the loyal support of individuals and companies we create opportunities for underprivileged people to rise above their circumstances by offering:

  • Study funds, Study Loans and Bursaries.
  • Education and Training.
  • Housing and viable community projects.

Let us help you to build and grow your Social Responsibility portfolio effortlessly! Learn how to optimally apply your annual social budget to benefit both your community and your company.